Middelpuntsoekende krag

Middelpuntsoekende krag beweeg met die verbindingslyn langs van die middelpunt van die sirkelbaan (O) en die massapunt (m).
Saturnus se ringe bestaan uit brokke wat deur swaartekrag in hul baan gehou word. Die swaartekrag dien hier as middelpuntsoekende krag.

Middelpuntsoekende krag, ook sentripetale krag genoem, is die krag wat op ’n voorwerp inwerk wat in ’n sirkelbaan beweeg en wat sorg dat die beweging konstant na die middelpunt van die sirkel afgebuig word. Die term "middelpuntsoekend" verwys nie na die oorsaak van die krag soos by swaartekrag nie, maar na die gevolg van die krag.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search